Om ‘n vrywilliger te wees, is vir my soveel meer as net diens – dit is ‘n voorreg.

Om ‘n vrywilliger te wees, is vir my soveel meer as net diens – dit is ‘n voorreg. Elke oomblik wat ek kan help, herinner my daaraan hoe kosbaar dit is om deel te wees van iets groters as myself.
Die gemeenskap waarin ek dien, is werklik besonders. Dit is mense met opregte omgee-harte wat altyd bereid is om hul tyd, liefde en energie te gee om ander se lewens beter te maak. Dit inspireer my elke dag om nog meer te doen en met nog meer liefde te dien.
Deur vrywilligerswerk het ek nie net ander gehelp nie, maar self ook gegroei – in dankbaarheid, nederigheid en deernis.
Ek is ongelooflik dankbaar om deel te wees van so ‘n warm, liefdevolle gemeenskap wat werklik ‘n verskil maak.
Bianca Frade
Helpende Hand Klopdisselboom-tak