Groter Centurion-streek_Wit

GROTER CENTURION-STREEK

Groter Centurion-streek_Wit

GROTER CENTURION-STREEK

IMG_3166s

Welkom by die Groter Centurion-streek waar ons bou aan die toekoms en drome van Centurion, Midrand, Midstream en gedeeltes van Pretoria-Wes.

Ons is dalk nie geografies die grootste streek nie, maar ons spog met 'n paar sterk takke en passievolle vrywilligers.

Ons fokus saam met die groter Solidariteit Helpende Hand op die opvoeding, opleiding en ontwikkeling van kinders, seniors, studente, persone met gestremdhede en gesinne in nood. Ons glo om 'n volhoubare toekoms vir ons medemens te skep, moet ons individue bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik. Dit doen ons deur middel van ondersteuning aan skole, tehuise en studiefondse. Ons ondersteun en bemagtig die gemeenskappe in ons streek met projekte soos leierskapsprogramme, Seniors in Aksie, HelpHetta en vele ander van Solidariteit Helpende Hand se nasionale projekte.

Ontmoet ons personeel

IMG_9908s

Liani Louw

Streeksorganiseerder
[email protected]

079 506 4078
Freda

Freda Coetzee

Maatskaplike Werker
[email protected]

081 669 7572
IMG_9827s

Claudette Engelbrecht

Streeks- Admin Beampte (SAB)
[email protected]

012 111 8360 x 168
IMG_9867s

Karmien Buys

Jeugorganiseerder
[email protected]

062 709 0077

Nuus vanuit ons streek

MY STORIE

Ek was 61 toe ek op pensioen geplaas is. Die eerste paar maande was baie moeilik. Waar ek altyd van hulp kon wees vir die mense saam met wie ek gewerk het, was ek nou voltyds by die huis. My lewe was doelloos.
Leer meer...

Om ‘n vrywilliger te wees, is vir my soveel meer as net diens – dit is ‘n voorreg.

Om 'n vrywilliger te wees, is vir my soveel meer as net diens – dit is 'n voorreg. Elke oomblik wat ek kan help, herinner my daaraan hoe kosbaar dit is om deel te wees van iets groters as myself.
Leer meer...

Seniors in Aksie: ‘n Nuwe lewe vir ons inwoners by Mirtehof

By Residentia Mirtehof is die hart van ons werk eenvoudig: om elke inwoner se waardigheid, onafhanklikheid en lewenskwaliteit so lank as moontlik te beskerm. As bestuurder, en iemand wat al meer as tien jaar hier werk, het ek eerstehands gesien hoe belangrik dit is om nie net te sorg nie, maar om te bemagtig.
Leer meer...

Saam bou ons ’n gemeenskap van aanvaarding en insluiting

By Irene Homes glo ons dat ware insluiting vir persone met gestremdhede nie net in daaglikse versorging lê nie, maar ook in die mense wat kies om deel te word van ons gemeenskap.
Leer meer...

Seniors in Aksie by Ons Tuis: Louis Trichardt

Seniors lê Solidariteit Helpende Hand, en in die besonder Irene-tak, baie na aan die hart. Ons passie om seniors met die Seniors in Aksie-program te laat “aantree” en nie “aftree” nie, is baie suksesvol ontvang by Ons Tuis Louis Trichardt. Seniors in Aksie is gebaseer op Senior Mind Moves en fokus daarop om die verouderingsproses…
Leer meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Debiet order:

OF

PayFast:

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1